Kind van die wind (Child of the Wind)

With diplomats from Malaysia’s department of foreign affairs during their visit to Cape Town.

Met 24 September om die draai wonder ISMAIL LAGARDIEN oor watter erfenis hy en ander Maleier-nasate in Suid-Afrika moet vier. Dis asof daar net nooit ’n boksie is wat hy kan afmerk nie. Waar ‘belong’ die Maleiers nou eintlik?

OP 24 September trek Suid-Afrikaners laer om “erfenis” en indrukke van wat hulle as hul etniese identiteit beskou. Erfenisdag is ’n post-apartheid-sameflansing met ’n ietsie vir almal, and then some. “Nog boerewors vir tannie?” Die hemel help ons, maar dis hoe dit is.

Dus: Joodse mense besoek hul Joodse vriende en familie. Die Xhosas, Zoeloes of Bapedi gaan “huis toe” – die versamelnaam vir hul plekke van familieherkoms, van Cofimvaba in die Oos-Kaap na Moutse in Limpopo. Afrikaners, natuurlik, is alomplesierig en hou jolyt net waar hulle is.

Maar wat van die bruin mense? Waar pas die bruines in? (Ek raak hiermee plegtig van “sogenaamde” ontslae, want daar’s nog baie om te lees en skryf).

Ons is diegene wat eens beskryf is as die “leftovers” – die resultaat van wit mans wat swart vroue verkrag het in die jare van vroeë Europese nedersetting aan die Kaap. Wat is die erfenis wat óns vier? (Read Further/Lees Verder)