Die dood hang in die lug op die Kaapse Vlakte, maar gee iemand om?

WOENSDAG het ek vriende en familie besoek op die Kaapse Vlakte: van Athlone tot Manenberg, Mitchells Plain tot Delft. Die geluide van die Flats, die gekreun van verbrandingsenjins, die gekraak van eenvoudige skuilings, die skynbaar misplaaste geskreeu van ’n seevoël, die onophoudelike toetgeluide van taxi’s, die reuk van kos, en op plekke die dampe van imbawula, ou verfdromme met gate waarin daar vuur gemaak word om te kook … (Lees Verder)