’n Moegoe gaan na die Istanbul-biënnale en sien net politics

ISMAIL LAGARDIEN bieg dat hy eintlik bitter min van kuns weet, maar wat hy wel weet, is dat die ware Istanbul nie by vanjaar se Biënnale weerspieël word nie. Waar is die oorlog en die opstande? Hy deel van die roerendste werke en oomblikke by dié kunsfees.

EK weet niks van kuns af nie. Oukei, dis nie heeltemal waar nie. Ek weet bitter min van kuns af.As jy met “kuns” bedoel skilder, teken, beeldhouwerk, dinge in ’n tipe formasie (jammer, “installasie”) sit en dit bo-op ‘n staander rangskik sodat mense daarna kan kyk, dan weet ek amper niks nie. Om die waarheid te sê probeer ek nog uitpluis wat die verskil is tussen ‘n triptiek en ‘n dipstiek is.

Op ‘n ernstiger noot: My smaak in kuns is eintlik nogal konserwatief. Dink ek. Die wellustige (walglike) mans in Edgar Degas se werk is prikkelend, en sy gebrek aan respek teenoor vroue is obseen en onverbiddelik, maar hy, en Toulouse-Lautrec, bly maar my gunsteling-skilders.My waardering vir Toulouse-Lautrec se werk het begin met sy skilderye van ikoniese Montmarte-plakkate, en sy spesiale verhouding met Jane Avril, waarskynlik sy grootste inspirasie gedurende die swierige Boheemse 1890’s in Parys.Ek sou graag tydens die Belle Époque in Parys wou gebly het. Dis my poging tot kulturele toeëiening – die danssale, opiumneste, absint en bordele van die Belle Époque. 

Published in VryeWeekblad

Read Full Article here.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.